Saturday, January 10, 2015

Warm koue

Jare gelede toe ek nog agter jou rug gelê het in ons eens warm liefde volle bed, het ek my oë gelê en uithuil.

Ek onthou soos gister hoe jy jou warm liefde om my gevou het. Terwyl my lyf koud was,  my siel dood. met soveel bekommernis en liefde het jy gevra : "Wat is fout? ".

My hart van staal, het koud en gevoelloos geantwoord : "Ek is nie lief vir jou nie"

Jou warmte het verdwyn,  jy het stadig weg beweeg. En saggies kon ek jou warm trane hoor val op ons lakens. Wakker het ons gelê. Sonder om ñ woord te sê.

Jy aan jou kant ek aan myne. ñ Dooie Stilte, donker gedagtes, tyd wat vries.

Ons was verby. Net daar en net dan. Dit was die einde

Ek wonder steeds wat het verander,  wat gebeur, hoe ek besef ek voel niks vir jou...


No comments: