Sunday, September 8, 2013

Toer terug in tyd

Ek loop deur die strate waar ons soveel jare terug saam geloop het

Ek drink koffie in die koffie winkels waar ek my hart oor die suiker pot uitgestrooi het teen oor jou

Ek aanbid in die kerk waar ons, ons albei ons geloof verloor het

Ek groet die gesigte van die mense wat ons eens verwerp het


 

Snaaks hoe hierdie toer terug in tyd niks langer terug voel as gister

Hoe baie het verander

Ons praat nie meer nie

Ons albei het ouer geword

Ons beroep keuses het verander

Ons liefdes keuses het verander

Dinge is anders


 

Die lewe was soet

Die lewe was maklik

Mense was vriendelik

En als was maar vra weg


 

Nou is als 'n proses

Als gekompliseerd

Mense is gekopliseerd

Die lewe is moeilik

Die lewe is duur

Vriende is nie opsie nie

Niemand is betroubaar

Almal is besig met hul eie ding


 

Hierdie toer terug in tyd was rustig

herinner aan die goed

die maklik

die lewe voor foute