Friday, January 23, 2009

Gister en Vandag

Gister het ek 'n septiese dag gehad, eintlik het ek 'n erge dae al vir weke.
Maar vandag het iets verander
Ek het besef hardloop kom tot niks, jy betaal net later vir die foute.
Ek het besluit ek raak te oud vir hardloop.
Vandag sit ek in my gemors omdat ek gister weg gehardloop het.

Dis hoe ek leer! op die harde manier.

Vandag het God my duidelik maak verstaan ek gaan begin groei, begin vorm en begin mature, soos 'n goeie wyn. En weet jy? al my trane van die laaste paar weke was die moeitewerd. Ek het foute gemaak en di tnie geface. Maar nou face ek dit. deur en deur.

Enigste vraag is? Hoe vind ek myself in hierdie onsekere wereld?

Hoe staan 'n mens prakties stil as jy al 20/21 jaar lank hardloop? Enige idees?

Ek wil letterlik net hier sit op my ashoop en als aanskou, sodat ek weet als in die verlede is afgehandel en dit gaan my nie inhaal nie. Klink dit eenvoudig?

Vriende, vriendinne en mense wie ek nie ken nie! Hier kom 'n ding...

Maar ek sien uit na die uitdaging!

liefde die pillaar