Monday, December 29, 2008

jy

meisie van my drome
sonskyn
jy
jy was altyd genoeg
dit was ek wat nie kon bly
jy was geduldig
ek was haastig
jy was WARM
ek YS koud
jy my hart in Desember gesteel
my voete onder my uit geslaan
ek
ek het begin hardloop toe ek skoene kon bekostig
hoekom gehardloop?
ek het so lekker gebly
maar tog
was ek bang
ek wou weg
wou uit my boks
wou in die bos gaan sit

my hart het ek gebreuk
jou verneuk meer as een keer
jou belieg
jou beroof
tog elke aand terug gegaan na jou
elke dag weer lief geraak vir jou
net om weer die volgende oggend my goedkoop te maak
sodat jy my sou uitvang
my sou los
beter sou gaan kry

nou is dit te laat
ek is spuit
wens
my hande het ek vas geboei
my mond in traksie laat sit
my hormone by jou gelos
my liefde was darem altyd joune
net joune

ek is jammer

Thursday, November 20, 2008

skiet gebed

Onthou my tog...

Nehemia het mure gebou onder weerstand met kort skiet gebede om 'n nasie te beskerm.

Ek moet mure bou met gebede en ophou om sand, klei, sement te gebruik.

'n rowwe week wat oorbly, wat ek hopelik gaan maak, maar na die rowwe paar dae is daar nog 'n rowwe paar weke in hierdie rowwe maande wat voorle. al hoe ek dit gaan maak is met baie skiet gebede en geduld.

Help my bid

Thursday, November 13, 2008

gatvol

today! my day started bad.

When i was in school I use to have an issue with waking up.
This morning I was woken up by a friend. That was fine.
But then I realised, I had to go in to PE and work on a camp which I think is going rather well. BUt my boss (she thinks she is my boss) don't agree at all.

first the trafic is mad, then my day gets cancelled and shifted around to suite everybody else except me. My appointment get cancelled, my work get's cancelled.

It just turned into a super shit day.

I had to phone about 40 schools, the first ten treated me like an ape, then I got a phone put down in my ear, for nothing. Then I decided FuCk the schools, fuck the boss.

What a huge image different for me. I have never been so gatvol and felt so stupid like now.

if my day doesn't change I will say something to regret

Sunday, October 19, 2008

time to form

So…

This time last year I decided that north and south is actually so close.

A very thin line separate between the two. So scary. So odd. But yet it makes total sense. One night I was in a sermon in a Methodist Church singing a song that says that God removes our sin from us as far as north from south.

But I was wondering… thinking…

YES

I can think too…

Back to the story.

So according to my theory sin is not taken away to far, it’s very close and that is why it is so easy to turn back to it. Interesting.

Now tonight I went to my church where I have not gone in a while, very surprised to find out that it was a worship sermon and not a normal sermon. Shocker…

With the Praise and worship sermon came a very exclusive piece out of God’s Word also preached by someone I don’t know. But yet it made an impression, don’t know for how long I will keep the memory so I better write it down.

The Scripture was 1 Corinthians 9:26-27, “Therefore I run thus: not with uncertainty. Thus I fight: not as one who beats the air. But I discipline my body and bring it into subjection, lest, when I have preached to others. I myself should become disqualified.”

If I want to admit this or not, I needed to hear that I can’t do things loosely, I can’t keep on pretending that nothing is wrong when every thing is. I can’t play for two teams, when I belong in one. I can’t keep changing my mind, changing decisions. I have to be patient and make my decisions.

THIS HAS TO BE A TIME OF GROWING.

Thursday, September 25, 2008

Glass kas

Vandag sit ek weer eens in my glaskas op die verhoog en kyk hoe die hele wereld verby my stap! hoe almal hulle gang gan en ek sit hond alleen in my koue yskas van glas en hou hulle dop!



Daar loop skaduwee mense verby en mense van staal en nou en dan kruip 'n dwerg verby. Ek wonder of ek raak gesien word in hierdie glaskas? Ek wonder of hulle net so baie wonder soos ek doen. Soms sit ek in die glaskas en bewonder hulle of soms huil ek erger saam hulle!

Maar vandag kyk ek en ek hou dop en ek wonder wanneer een van hulle sal omkyk en sien die lewe wat in my wegkruip! en die vraag natuurlik is sal hulle dit raak sien!

Tuesday, September 9, 2008

Wednesday, July 30, 2008

time

Tydelik is in veraltyd
Bring saam jou tasse
Toekoms is naby

Tomorrow has past
Today has come early
Yesterday went now

So wanneer kom jy met jou tekkies?
Die wedloop het gestop
Jou sweet tap die wereld vol

If tomorrow visits today
Will yesterday be jealous?
What if yesterday never happend

Wat 'n deurmekaar storie
Twyfel of iemand die choas gaan verstaan
Wie maak die sin daar uit

Sunday, July 6, 2008

Bank vas

Vanoggend het ek wakker geword met 'n gevoel van hartseer, verlange en net baie baie moeg(moedeloos en moederloos)!!! Dit het my omtrent 2ure gevat om te besef hoekom ek so moeg is en toe ek dit besef het iets in my verdonker.



Wat het ek besef? Daar het 'n vraag by my opgepop: "Hoe lank kan 'n vegter aan hou veg? Hoe lank kan 'n gladiator aan hou deelneem en stoei?"

Hoe lank nog? Wanneer begin jy jou krag verloor en agteruit beweeg?

Goeie vraag

Ek glo dat God staan bank vas agter my en ondersteun my in elke stap wat ek vat.

Tuesday, June 10, 2008

Ek voel ook:

In my kinder jare onthou ek 'n beeld van 'n ou Oom, wat 'n effe vark was met 'n groot knertsie probleem, op sy stoep gesit en sy vrou het vreeslik te kere gegaan met hom oor sy drank gewoontes en oor hoe sleg hy is, op hom gestaan en bitch. Die ou oom het niks gehad om terug te antoord behalwe: "ek voel ook..." in 'n sagte, gewonde paar woorde...

Soms vergeet ons dat slegte mense ook voel, dat slegte mense gewoonlik meer voel!

Ek voel ook
Ek voel ‘n rou snik in my borskas vassit.
Ek voel hoe die liefde van ons wegbreuk,
skeur.
Ek voel my hart verkrimmel.
Ek voel hoe ek my trane vasklou.
Ek voel dit brand in my oë,
in my hart.
Ek voel so warm maar tog so leeg,
ek voel koud maar tog so vol.
Ek voel eina,
maar tog in beheer.
Ek voel jou hart
maar
ek voel hoe jy wegkruip.
Ek hardloop,
maar jy speel wegkruipertjie in die kamers van my hart.
Nie lank dan gaan ek jou vind,
nie lank en jy gaan moeg raak.
Jy hoef nie te kruip nie,
ek hardloop genoeg vir ons albei.
Sê die woord en ek spring weg,
ver weg,
vinnig en flink.
Sodat jy spasie het my lief.
Het jy my nog lief?
Jou hart sê ja,
maar jou oë twyfel.
Jy skree dit in my hart in,
maar my hart klap toe soos ‘n oester.
Die oester het geen sand of water rondom dit nie,
dis leeg,
alleen,
rustig en dood.
Met geen doel of ideal…Voel ek

Thursday, June 5, 2008

Masker bal

Een van my grootste wense is om by 'n maskerbal 'n draai te maak.

Tuesday, May 20, 2008

Terleurstelling

Wat 'n terleurstelling is hierdie blog nie, hierdie skryfstuk, alles. Alles deesdae is maar

Thursday, May 8, 2008

'n stukkie vullis op 'n skoon servet

Ek het vanaand gesit en 'n wit servet beet gekry en toe sien ek hierdie stukkie vullis op hom. 'n Kontras van die wit servet. Die wit servet is seker hoe meeste van ons dae lyk, 'n goeie dag. Die vullis daarop is daai klein dingetjie wat fout gaan.

Thursday, May 1, 2008

porselyn 'pop'

Van kleins af het ek ‘n absolute haat gehad vir porselyn poppe, eintlik ‘n vrees! Kon nooit regtig besef hoekom nie, maar nou…

Wat aan gaan met my op oomblik is, is dat ek besef dat ek geroep is in kerk om iets te doen, maar ek nie dit wil doen nie. Hoekom nie? Some how is ek gefistreer met al die super spiritual fake people wat rond hol. Hul bestaan beledig my, ek wil nie weet hoe God moet voel oor ‘n generasie wat verkies om iets te wees wat hul nie is nie. Nie my plek om te judge.

PORSELYN POP JY SIT EN KYK VIR MY MET JOU DOOIE GLAS OE,
SOMS HET JY ‘N VAE GLIMLAG WAT NET SO VALS IS SOOS JOU BINNE GOED, JOU FRILIKIE ROKIE FISTREER MY, JY KAN NIKS REGTIG MET DIT AAN DOEN NIE, JOU SMIRK MAAK MY NAER, JOU STIL HOUDING WAT SO VALS IS MAAK MY GRIL. Jou koue siel, gee my koue rillings! JOU TEENWOORDIGHEID BELEDIG MY, JOU MANIERE ONDERSKAT MY INTELLIGENSIE, JOU INTEGLITEIT STEEK JY WEG AGTER VERTRAAGDE VRAE, JOU VALSE DRUKKIES MAAK MY BOOS, NEE DIT MAAK MY BEDONNERD, HOEKOM MORS JY JOU TYD? PORSELYN POP? HOEKOM MORS JY JOU LEWE? HOEKOM BESTAAN JY AS JY EEN OF ANDER VALSAARD IS?

Ek en my vrees/haat vir porselyn poppe het weer kop uitgesteek. Hoekom? Ek het besef dat as ‘n perfeksionis weet ek niks en niemand kan perfek wees nie, en daarom wens ek eintlik dat die porselyn poppies rondom my sal kraak of tjhip want die realiteit is dat hul nie perfek is nie. As perfeksionis begin die idée van perfeksie my fistreer en dis probeer ek als sonder perfeksie doen, als sonder patrone, nes ek lus kry.

Thursday, April 17, 2008

people have such a cheek

God plans the way for all and he has a plan for all before we even start fooling around with it. He knows the way and He direcs it. I wish people can stop deciding there fate and just ask God to show them!

2Tim1:9

Tuesday, April 15, 2008

Na elke afdraand is daar 'n opdraand

Tot 'n paar jaar gelede het ek geglo dat daar net een afdraand is en 'n moerse groot opdraand. Die jaar het ek dit al hoe meer geglo, maar vandag het daai redinasie verander en ek begin wonder of daar nie wel dalk weer 'n afdraand is na 'n opdraand. Eintlik al wat ek oor gewonder het vandag...

Vandag was een van daai weird dae wat ek weird goed gedoen het en weird goed beleef het. Een van die weird goed wat ek gedoen het was ek het 8 paperclips gevat en dit gebuig in verskillende vorme terwyl ek geloop en stap het. Na 'n ruk het ek besef dat die paperclips almal lyk na engeltjies. Vir 'n ruk het ek daarna gestaar en besef agter elke vormpie is daar 'n storie. Die storie is seker my geheim en die een wat dit gesien het. Maar 'n storie met baie kante het ontwikkel uit 8 paperclips.

My weird dag is nog nie om nie en ek kan nie wag om te sien hoe dit gaan eindig nie.

Tuesday, April 8, 2008

Deur ander te voel

Hoe kry ‘n mens dit reg om soms jou hart te laat breuk oor wat in ander se oe sigbaar is, of wat ander sê al sê hul dit nie regtig hardop nie, maar tussen die lyne skree die woorde na jou. Hoekom effekteer ander se situasies ‘n mens dat jy kan sien en voel wat hul voel en wil wegvat en help “cope” met wat hul pla, maar tog bly jy onbetrokke want jy weet ander help is nie uitweg.

En dan kom die besef tot realiteit dat jy nie jouself kan help nie en daarom ook nie ander nie. Maar tog het my hart koud geraak met ‘n emosie wat ek nie kon plaas en nou wonder ek wanneer dit gaan kwyn. Die gevoel raak soos om in iemand anders se skoene te staan en die skoene is te klein maar jy het dit nodig en daarom moet jy loop in daai klein skoentjies tot jy by ‘n groter paar kom. En die groot ding is, die afstand wat jy moet loop is onbekend, of daar heuwels of kranse is ook onbekend, of daar dorings is-is moontlik, maar ook nie bekend.

My hart is in ‘n koue greep en ek dink dis meegevoel maar tog dink ek die vrees daarin is omdat ek nie wil wees waar ek miskien oppad is heen. Dis soos trein ry in die aand en jy hoor net die trein en buite is dit koud en donker en jy weet jy is erens in die Vrystaat of Noord-Kaap in die hartjie van die winter, maar jy het nie ‘n benul waar nie. Nou en dan vlieg ‘n dorp naam verby maar dit skep geen indruk, geen herhinnering en jy wag angstig vir die stop en wonder waar dit gaan wees. Kort-kort steek jy jou kop by die venster uit om te kyk of jy iets sien wat bekend is, maar daar is niks. Die gevoel van onsekerheid vreet jou op en dan onthou jy ‘n storie wat jou ouma jou vertel het van ‘n plekkie in die Vrystaat en eweskielik kom herhinneringe terug na jou en jy weet waarheen jy oppad is. Angs pak jou beet, want jy weet dis nie die plek waar jy wil wees nie, en die tyd is ook nie nou nie. Maar tog is die trein aan die loop en jy kan of die ry geniet of jy kan spring. Een van die keuses is die beter een, maar albei is moeilik!

Geen keuse wat ooit regtig die moeitewerd is, is maklik nie! En daarom is dit soms goed om diep te dink voor jy iets doen en soms beter om net te doen. Met skokende realiteit het ek dit besef en laat in die aand baie spontaan my hart geheim gedeel met iemand baie na aan my hart(dit gebeur min). Maar dit was uit en uit die moeitewerd, eerlikheid is altyd en liefde ook.

En daai ander gevoel wat ek gevoel het en steeds doen is sterker, maar ek verkies die gevoel bo die gevoel van leegte en bo die gevoel van koud wees.

Vir ‘n roos met dorings is my hart sagter as chocolate en my liefde brand dieper as die diepste diep en my steek sweer nie en my reuk kalmeer jou. En my doel is nie om mooi te lyk nie, maar iemand goed te laat voel.

Friday, March 28, 2008

My heart is a dungeon

Toe ek ‘n klein dogtertjie was en my hart was ‘n paleis gevul met drome en ideale het ek altyd myself in ‘n droom gesien. Die droom het ‘n man behels wat my voete onder my uitgeslaan het met sy oë, my verly het met sy woorde en my hart gewen het met sy maniere. Die man sou vir my vier kinders gee en verkieslik ‘n massiewe huis met wit mure, swart dak en ‘n groot kombuis. En tussen my en hom sou daar geen weerstand of dinge wees nie, behalwe liefde en God. Alles gebasseer op ons God en Hy sou deur ons gedank word elke dag vir die dinge wat hy ons gee. En ek en my man sou gelukkig gewees het en tot in ewigheid mekaar se hande vasgehou het en die liefde sou nooit ophou. ‘n Droom soos enige ander meisiekind sin, tot ‘n mate.

As kind het jy gedink soos ‘n kind en geredineer soos ‘n kind, maar nou is ek amper groot en begin ek realisties dink en my opsies oorweeg en my toekoms. Eerste deel van die droom wat begin kwyn is ‘n huis op ‘n plaas, tweede vier kinders en derde die man, of ek so ‘n man nodig het. Hoekom hierdie drie spesifiek by my spook is te danke aan my hart. My behoeftes het verander en my seer oor die jare het my keuses radikaal verander.

Ek oorweeg nou die idee dat trou en kinders dalk nie my toekoms in die volgende paar jare gaan wees nie, maar my vriende en geleerdheid baie belangriker is. Wonderlik hoe jy van trou “nood” tot “miskien” trou gaan. Die vraag is net hoekom my hart een oomblik sê my een vriend is die liefde van my lewe en die volgende dit onken. Is die ou die persoon waarvoor ek gebid het? Nee nie heeltemal nie, hy kort baie, maar hy het baie goed ook. Ek’t gebid vandat ek seker 13 was vir my man en vir God gevra om Hom te skep en vir my te gee soos Hy wil, ‘n man opgestel en verander het soos ek goed gesien het wat my grief. Als is in God se hande en tog kry ek die gevoel op my hart dat ek nie hoef te trou nie en dat my man dalk nooit sal kom nie, maar dis ok. Ek’s rustig in die idee dat my God weet wat ek nodig het en vir my dit gee.

I had an interesting chat today so shocking that my heart skipped a beat or actually stopped beating for a minute and for moment I was faced with reality. Sometimes my heart is a dungeon and I often have close people dwell in that dark place and I know that I have a way of hurting the people close to my heart, by just being selfish and also my great mystery is that I have a way of getting less involve with people then they do with me. What a soar sore to recognize and deal with…

So this is my mistake maybe but I do like it and what an evil person I am because of it, but I won’t change it. The reason that I add this is because I’m hurting the one guy in my life to much, but I need to be hurting him to make him realise that I’m not perfect and my future is as uncertain as the mystery of life is. And my heart is a dungeon for all who dare to enter it. Well I don’t hurt all who enters this dungeon! But some hurt themselves…

Question still remains! Why have come to this realisation?

Tuesday, March 25, 2008

slak wat 'n baksteen sleep

Hoeveel keer het die horlosie nie al die skuld gekry vir dinge wat gebeur, of vir dinge wat wag om te gebeur! Hoekom dink jy is daar tyd geskep? Hoeveel anders sou die wêreld gewees het as tyd nie 'n faktor of betekenis gehad het nie?

Ek twyfel egter of tyd regtig kan weg val, want dis die hartklop van die wêreld! As daar nie tyd was nie sou ons seker ook nie regtig waarde kon gee aan mense nie of aan idees of aan planne of eind doele nie. Want hoe sou jy die moeite meet? Tog fustreer die idee van limitasies my, want gewoonlik sodra jy iets geniet is die tyd om en as jy iets glad nie geniet nie dan het tyd 'n manier om erger te sleep as 'n slak wat 'n baksteen tou (nie dat dit ooit sal plaasvind nie, maar net die idee fustreer my al kla)! So die slak en baksteen illustrasie herinner my aan so baie.



Soms wonder ek of ek soos 'n slak probeer om 'n baksteen te tou, as ek sê baksteen praat ek van 'n berg wat ek hoop ek kan oorbrug, maar tog kan ek nie, maar te hardkoppig om dit te besef! Maar tog dink ek dat as 'n slak regtig 'n baksteen sou wou sleep en die gereedskap het sou hy dit wel kon doen. Die gereedskap nl. God (geloof), hoop, toewyding, motivering en hart daar agter is belangriker as die daad om dit reg te kry! En al hoe jy die regte tools kan kry is deur God in hart en oog te hou!



En soms as die slak 'n bietjie spin om aan die gang te kom of te bly is dit net 'n herinnering dat God wil hê ons moet volkome op Hom vertrou en als in Sy hande plaas en net ons kant bring. En as jy die sleep tou swak vasmaak en nie genoeg greese insit in die sleep nie, dan moet jy maar weet dat jy maar 'n bietjie gaan spin. Party maal beter om 'n bietjie te spin!



Weird dag, lekker deurmekaar, produktief, maar anders is goed en goed is beter. Anything that gives me a kick works for me. The most interesting part of my week started with tears and then wine and then today I realised that me, I am almost who I was last year and I grew so much but I'm still youmg and lively and I got my passion for success and life back. Thou I got a lot of weird and lazy questions which I'll maybe ask sometime! But my next blog will be an insight on to my heart and love, which maybe impulsive to post but yet I feel it is needed to say it out in the open for anyone to read. No secrets are real secrets and often we learn that in a hard way. I think my passion is getting overwhelming but so so deep and it has so many little young leaves which needs to be cared for and watered so it can grow to become a huge shelter for someone.

Good bye for now with all my love...

Friday, March 21, 2008

Ongesorte trane:

Ek’t beplan om see toe te gaan vandag, maar toe draai die weer op my planne en ek kry die dag tyd liewer om te dink. Weens redes is ek uit die huis gegooi en bly ek tydlik by ‘n vriendin en haar ma. Baie dankbaar dat ek sulke goeie vriende het sit ek toe en dink.

Wonder

As my ma verby my kamer loop en my deur toe sien dink sy aan my? Mis sy my? Wonder sy waar haar kind is? Haar jongste en enigste dogter is nie in haar huis of onder haar oe nie. Wonder sy of ek regkom? Dink sy ooit aan my? Stort sy ooit ‘n traan as sy die stilte in die aand hoor en my kar nie in die garage of nie my wasgoed op die draad sien. En as sy my kat sien wat my soek wonder sy darem ‘n bietjie oor my?

Dan dink ek aan my kinderjare

Toe ek klein was, was ek ‘n bonneltjie liefde, wou net drukkies gee en soene uitdeel. Dit het natuurlik erg verander, maar wat vir my uitstaan is. Dat, toe ek klein was het ek die naere gewoonte gehad om my ma vas te druk en haar te soen en al wat ek wou doen was vir haar liefde gee en sy het gewoonlik my afgemat ek gese sy kry warm of nie nou nie of sy hou nie van vasgedruk word nie en my op so ‘n wyse weg gedruk. Ek wou haar liefde altyd voel en my ma in my hart vertrou. En gestraand toe ek in die bed lê het hierdie gedagtes in my kop homself herhaal en ek het gewonder of sy my nie wou druk en lief hê oor dat ek soos my pappa lyk en of sy bang was vir die eina wat ek eendag sou veroorsaak.

Gewonder of ons verhouding op die rotse gaan vergaan heeltemal en of sy my eendag weer haar dogter sal noem en my eendag weer sal druk. My hart pyn met bedrukte koue, harde, rou, rillende snikke maar my oë wel op met trane maar tog stort ek nie ene nie.

Ek moet seker sê dat my ma die liefde van haar lewe verloor het toe ek vyf was en dit haar egter op gevreet het van binne toe sy met ‘n ander man getrou het en nooit hom kon lief hê of vertrou soos my pa nie. En voor dit was die lewe ook nie regtig ‘n fees vir haar nie, so sy het eintlik maar ‘n swaar lewe gehad.

Ek dink hierdie blog is erg dramaties, glad nie ek nie, maar tog soveel van wat ek dink en ervaar dat ek dit nie sal verander nie en dit post en dit as terapie beskou vir my hart wat nie homself is nie.

Wednesday, March 19, 2008

Rou snikke:

As die dieptes van jou hart vervul word met skaduwee en jou hart se klop in snikke verander en jy weet sonder daai skadu’s sou almal die eina wat dit wegsteek sien en daarom pla die skadu’s jou nie vreeslik nie. Jy voel “some how” dat die skadu dit beskerm al is dit ‘n donker beskerming. Morbied weet jy is jy nie en ook nie regtig depro nie, al wat jy is is eintlik maar net ‘n bietjie alleen. Al vul die kamer met mense voel jy nogsteeds alleen. As jy in die middel van ‘n vertrek staan en jou hart alleen weg klop terwyl jy mense observeer wat so diep in jou hart lê. En jy sien die hartseer en twyfel in hul oë en die glimlag op hul gesigte wat die donker hartseer verdryf maar ook eintlik maar net laat wegkruip. En dan ewe skielik kom jy tot die besef dat jy net kan lees in hul oë wat sigbaar is in joune. Dat jy eintlik net in die spieel staan en kyk en jouself oordeel en kritiseer en die eina probeer wegsteek, niks maak seerder as om jou self te kritiseer nie. Skok…
En dan as jou hart klop begin verander in koue rou snikke en jy weet daar is so baie mense wat jou sal probeer vang indien jy sou val, maar tog verkies jy krikke bo iemand se hande. Afhanklikheid is jou grootste issue, want dit maak die seerste as dit sou “back-fire”. “Back-fire”, lol. Als “back-fire” ‘n anyway deesdae van dakloos tot karloos tot amper hartloos en tog het jy die moed om nog ‘n dag op te staan en aan te gaan en te probeer red wat te redde is. Hoop kom van die Opperste Vader en getrou is Hy sonder dat ek vra en daarvoor kan ek net sê dankie …