Wednesday, January 23, 2013

Life is a bitch?

This statement intrigues me.

Why is life called a Bitch?

Why not rather a it?

Or why is it referred to as a woman?

why is it referred to as anything?

Is life not a gift?

A present.

we don't refer to our shoes we get as presents as a he or a she?

Or refer to our new CD as a he or a she.


 

This confuses me


 

Could life be a woman?

Could it be referred to as a woman because your mother gave birth to you?

If life is a bitch, what does that make the life of a man?


 

I need clarity on this...


 


 


 

Monday, January 21, 2013

Toekoms

Nou dat ek besig is om al my foute raak te sien in my baie kort verlede wonder ek wat is daar vir my toekoms.

Ek weet nou dat goed ryp te druk is 'n slegte idee en ek weet dat as God 'n plan het met jou het hy.

Dis net vir jou om te luister na sy stem en dit te volg.

Daar is niemand op aarde wat jou so goed ken soos jou Hemelse Vader


 

Ek weet dat ek nie my naam kan skoonmaak nie

Ek weet ook ek kan nooit weer my repitasie terug kry nie

En heelwaarskynlik sal ek nooit weer myself so vry kan laat voel nie, want ek sal altyd die weak spot hé wat ek het.

Maar ek kan bid en hoop dat in die toekoms ek 'n man kan ontmoet wat my so lief sal hê en ek vir hom, sodat al die dinge nie saak maak nie.


 

Teminste het ek geleef en teminste kan ek weet waar ek verdwaal het met die hoop dat ek nooit weer daar sal afgaan nie.


 

My toekoms sal wees wat God bestem dit is en elke keer wat ek 'n afdraai paatjie vat wat God nie beplan het nie, sal Hy my terug bring en my weer laat begin waar ek verdwaal het.

Sunday, January 20, 2013

Voorspoedige Nuwe Jaar

Sovêr het 2013 nog glad nie ge-disappoint nie

'n Paar ou bekendes gesien

Gewig verloor

Kry baie meer oefening

So bietjie gaan shop

More gaan ek vir 'n werks onderhoud

Slaap beter


 

Wat het verander in my lewe?

Ek is op die oomblik op 'n goeie plek oordat ek dinge in my lewe begin verander het.

Verandering is goed.

Ek het terug verhuis na my tuis dorp

Ek begin weer glo in God

Ek kyk na myself veel beter as tevore


 

Soms is verandering goed, soms veroorsaak verandering baie seer en baie hartseer.

Dis soos 'n bergrafnis van iemand wat siek was.

Terwyl die siek mens lê en swaarkry is dit sleg, wanneer hy/sy begrawe word is dit hartseer, maar teminste môre kry hy/sy nie swaar nie en daarom maak dit mens tog gelukkig.

So werk dit ook met 'n ou lewe wat jy agter laat. Daar is altyd dinge in daai ou lewe wat jy gaan mis, dinge waaroor jy sal spuit wees en tog ook dinge waaroor jy sal bly wees. Maar die nuwe lewe wat jy begin sal defnetief 'n nuwe lewe wees met wat jy wil hê daarin.


 


 


 

Saturday, January 12, 2013

Gewigtige sake op die hart

Okay, tyd vir 'n eerlike oordeel van myself

Jip ek was skeef (gay)

Jip ek is redelik deurmekaar op die oomblik

Jip ek het 30kg opgetel oor hierdie hele storie my laat stress het


 

Wat doen ek omtrent my probleme:

Ek oefen vir die eerste keer in jare weer

Ek kyk na myself, Ek kyk wat ek eet

Ek vermy vroue geselskap, behalwe lang afstand praat

Ek vermy gay mense

Ek probeer die sleg sien in elke vrou met die hoop dat my aangetrokkenheid na hulle sal verdwyn


 

Kan ek my struid wen?

Ek het reeds 5kg verloor en ook 3cm

Die gewig gaan ek wen

Die alleenheid kry my onder

Die mis van 'n partner kry my onder

maar more is nog 'n dag en ek het myself

Sunday, January 6, 2013

Die Donker Man

In die donker-donker van my kamer

hoor ek die stil-stil verraai van die nag aankom

Ek maak myself klein

Klim onder my bed in

Ek krul op in 'n klein bolletjie

En probeer sover as moontlik van die opening af wegkruip

Ek knuip my oë stuif toe

"Miskien as ek bid sal hy weg gaan"

Die nag se donker raak stil en die verraai stap nader

Ek kan die nikotien van sy vingers ryk

Ek knuip my oë stuiwer toe

Probeer nie asemhaal nie

My hartklop verraai my

Ek kan niks hoor, net: "doef, doef, doef"

My hart maak so 'n groot lawaai dat ek glo my broer in die ander kamer kan dit hoor

Hy soek my

Die kas deur maak hy oop

Ek hoor hom voel in die kas en tussen my klere

Toe

stop my hart

Hy draai na die bed

Ek sien sy voete

Ek sien hoe hy buk

En ek sien sy arms, sy kop

My hart sit in my keel

Ek het geen stem, geen asem

EK knuip my oë weer toe

Miskien kan hy my nie sien as ek hom nie kan sien

En toe

Ek hoor die lig van die nag nader kom

Die lig hoes in die gang

Dis my Mamma

Die donker man staan op

Hy skuil in die skadu tot hy hoor my Mamma is om die hoek

dan loop hy vinnig na die badkamer

Maak asof hy daar is

My hart gee 'n hop van verligting

Ek kan huil

Ek kan skreë

Maar niks

Ek sê niks

EK dink baie

My gedagtes skreë: "Eendag as ek groot is gaan ek jou dood skiet"


 

Thursday, January 3, 2013

Stalker

Wanneer weet jy, jy is 'n stalker?

wanneer jy iemand se nommer nie kan uitlos op jou foon nie

en wanneer jy dit delete op jou foon

onthou jy dit uit jou kop


 

Ek het jou nommer van my foon gevee, probeer om jou nommer uit my kop te vee.

Maar soos jou naam in my hart kan ek nie jou nommer uit my kop kry nie

Jy sal deel bly van my lewe, al wil jy nie deel wees van my lewe nie


 

'n Nuwe jaar

Die nuwe jaar is hier

maar tog voel ek redelik vasgevang in laas jaar

Die nuwe jaar is hier

maar tog is ek al klaar moeg

Die nuwe jaar is hier

en ek wens ek kan wegkruip onder 'n klip


 

Die nuwe jaar is hier

en ek het niks

Die nuwe jaar is hier

en ek is niks

Die nuwe jaar is hier

en my toekoms lyk bleek


 

Die nuwe jaar is hier en ek kan nie onthou dat ek nog ooit so depressief was nie

I would be lying

If I said I don't remember your phone number, I would be lying

If I said I don't remember your birthday every year, I would be lying

If I said I don't remember the colour of your eyes, I would be lying

If I said I don't remember where you stay, I would be lying


 

If I said I don't want to phone you, just to hear voice, I would be lying

If I said I don't want to drive past your house, I would be lying

If I said I don't check your Facebook, I would be lying

If I said everything we ever did together doesn't remind me of you, I would be lying


 

If I said I don't think of you every day, I would be lying

If I said I don't miss your kisses, I would be lying

If I said I don't miss you falling asleep on me, I would be lying

If I said I don't miss you, I would be lying