Sunday, January 6, 2013

Die Donker Man

In die donker-donker van my kamer

hoor ek die stil-stil verraai van die nag aankom

Ek maak myself klein

Klim onder my bed in

Ek krul op in 'n klein bolletjie

En probeer sover as moontlik van die opening af wegkruip

Ek knuip my oë stuif toe

"Miskien as ek bid sal hy weg gaan"

Die nag se donker raak stil en die verraai stap nader

Ek kan die nikotien van sy vingers ryk

Ek knuip my oë stuiwer toe

Probeer nie asemhaal nie

My hartklop verraai my

Ek kan niks hoor, net: "doef, doef, doef"

My hart maak so 'n groot lawaai dat ek glo my broer in die ander kamer kan dit hoor

Hy soek my

Die kas deur maak hy oop

Ek hoor hom voel in die kas en tussen my klere

Toe

stop my hart

Hy draai na die bed

Ek sien sy voete

Ek sien hoe hy buk

En ek sien sy arms, sy kop

My hart sit in my keel

Ek het geen stem, geen asem

EK knuip my oë weer toe

Miskien kan hy my nie sien as ek hom nie kan sien

En toe

Ek hoor die lig van die nag nader kom

Die lig hoes in die gang

Dis my Mamma

Die donker man staan op

Hy skuil in die skadu tot hy hoor my Mamma is om die hoek

dan loop hy vinnig na die badkamer

Maak asof hy daar is

My hart gee 'n hop van verligting

Ek kan huil

Ek kan skreë

Maar niks

Ek sê niks

EK dink baie

My gedagtes skreë: "Eendag as ek groot is gaan ek jou dood skiet"


 

No comments: