Monday, January 21, 2013

Toekoms

Nou dat ek besig is om al my foute raak te sien in my baie kort verlede wonder ek wat is daar vir my toekoms.

Ek weet nou dat goed ryp te druk is 'n slegte idee en ek weet dat as God 'n plan het met jou het hy.

Dis net vir jou om te luister na sy stem en dit te volg.

Daar is niemand op aarde wat jou so goed ken soos jou Hemelse Vader


 

Ek weet dat ek nie my naam kan skoonmaak nie

Ek weet ook ek kan nooit weer my repitasie terug kry nie

En heelwaarskynlik sal ek nooit weer myself so vry kan laat voel nie, want ek sal altyd die weak spot hé wat ek het.

Maar ek kan bid en hoop dat in die toekoms ek 'n man kan ontmoet wat my so lief sal hê en ek vir hom, sodat al die dinge nie saak maak nie.


 

Teminste het ek geleef en teminste kan ek weet waar ek verdwaal het met die hoop dat ek nooit weer daar sal afgaan nie.


 

My toekoms sal wees wat God bestem dit is en elke keer wat ek 'n afdraai paatjie vat wat God nie beplan het nie, sal Hy my terug bring en my weer laat begin waar ek verdwaal het.

No comments: