Monday, December 30, 2013

Gister, vandag en môre

Gister het ek geleef soos ek wou, probeer wat ek wou en het als gedoen waarvoor ek lus kry.
Ek het jou lief gehad met my hele hart, my als op geoffer vir jou (nie oor jy gevra het nie, maar oordat ek wou). Saam was ons T n T (plofstof) alleen was ons soos water. Ek was mal oor jou, absoluut versot.Ons het 'n lewe saam begin, so baie op geoffer en tog nooit besef hoe baie ons sou verloor nie. My altyd maak belowe, moenie spyt wees oor ons nie.

Soos als wat blom, raak die energie min, raak die kleur broos en na 'n ruk vergaan dit.

Toe kry ek 'n tweede kans, 'n nuwe liefde, 'n nuwe op offering. Wat 'n kind ek was.
Die tweede was vinniger dood as gebore.
Toe was dit tyd vir die derde, die finale. Ons het mekaar vir afsku, maar tog mekaar lief gehad. Baklei soos kat en hond maar tog mekaar aangevul. Ons was die teenoorgestelde. Tot op die ou einde het ons mekaar amper vermoor.
                                                               
                                        En dit was gister...

Nou sit ek in vandag en het die voor reg van terug kyk na gister.
Ek het geleef, geondervind, lief gehad, kanse gewaag, getoer, my kop gestamp en baie foute gemaak wat ek nooit weer sal kan regmaak nie. Maar tog is ek nie spyt, want ek het geleef.
Enigeste ding van vandag is, ek kan nie leef, verlief raak, my kop stamp of seer kry nie.
Ek het nie meer tyd vir LUXURY nie (Luxury bedoelende gee en verloor).

Wat ek het op die oomblik is my vrede, iets waarna ek gesmag het. Wat ek het is my regte vriende, wat ek geleer het om te waardeer. Wat ek het is my gesondheid, dis prysloos, dis iets onkoopbaar duur. Wat ek het is my familie, iets wat ek verloor het. Wat ek het is my lus vir die lewe, my wil vir goeie toekoms. Wat ek het is ek, ek, ja klink simpel maar ek is ook kosbaar. Ek is my eie mens, amper.

                                     Ek is bang vir môre...

Vanaand gaan ek slaap en dan is ons by môre. Ek het 'n vrees vir môre.
Môre is onbekend, dis iets nuuts, iets wat ek nie kan beheer nie.
So lê my keuses. Ek kan of agter toe sit, soos ek gemaak het hierdie jaar en net wag vir my lewe om sy pad te stap. Of ek kan boudjies wikkel en miskien iets goed doen vir myself.

Die pad wat ek wil vat maak my bang, die pad is iets totaal buite my beheer (WHAT A CONTROL FREAK I HAVE BECOME), dit gaan nie maklik wees nie, dit gaan duur wees, dit gaan uitputtend wees, dit kan of positief eindig of sleg. Dis tyd om my geloof op te skerp, te ophou praat oor wat ek wil doen en teen einde iets te doen wat ek nie die einde kan voorspel nie. My hele lewe kom tot 'n slot som. My hele lewe is nie in my hande nie.

DIS TYD VIR MôRE NOU!

Hardloop, Hardloop

Wens ek het jare terug gebruik gemaak van my wil om te wil hardloop. Maar ek het altyd gedink dis die mense rondom my wat my jaag.

NUUSFLITS: net soos wat jy jou eie groot vyand is, is jy ook die persoon wat jou lewe maak of breuk.

Ek is sowat 'n jaar en 2 maande terug in my natuurlike habitat en ek voel en lyk goed. Ek begin strek na die sterre, droom groot drome en met my voete plat op die grond kry ek die beste opvoeding wat ek ooit voor kon wens. Hardloop hou my kop skoon, leer hou my kop vars en ek is gelukkig.