Wednesday, January 29, 2014

A story for a Saturday?

This beautiful Saturday morning I wake up, it's time to attack the friendly coast.

I'm swallowed up in my swimsuit by the sunshine coast, covered in sunblock with a excellent personality I arrive at the beach. Happy Valley they call it, it agrees with my sense of humor. Happy I am indeed. 

Get into the ice cold water of the ocean, take a lap from the first swimming pole to the another. 
Amazing. How free water can make you feel. As lite as a feather I swim up and down. The child in me so alive!

After the swim, naturally you will have to take a sunbath session. Recharge my battery? I think not. Make me more lazy absolutely! 

Then it's time for a super lunch with prawns and fish, yummy (just thinking of this makes me hungry). Naturally with fish you always have white wine (Nederburg Stein).

This was a perfect day, with perfect company!

Ouma het 'n "boodskap"

My Ouma is al meer as 10 jaar oorlede
Haar huis is al meer as tien jaar nie haar huis nie, nuwe eienaars
Met "spring-cleaning" vind mens altyd goed wat jy vergeet het en nie nodig het nie, maar tog wat van onskatlike waarde is vir iemand anders.
So doen my Ma die opruim voor die lente en vind my Ouma se huis se planne, die goeie mens wat my ma is besluit sy om dit sommer persoonlik te gaan aflaai.
My ma stop by die bekende mure van die bekende huis en stap soos jare gelede na die voordeur, klop met die leeu kop en wag. Na sowat 'n minuut hoor my ma die voet stappe nader kom. Maar die gesig wat oopmaak is onbekend. Die vreemde vrou nooi my ma baie vriendelik binne. My ma gee die planne en in ruil gee die vrou my ma 'n kyk van dankbaarheid.
En toe: "Sê my" sê vra die vreemde vrou "is jou ma kort, so om en by my lengte, wit hare, mooi gesig, nie regtig oud nie en het sy baie skielik gesterf?"
My ma geskok natuurlik, kyk die vrou baie skepties aan en  wonder. Maar voor my ma iets kon sê antwoord die vrou : "Jou ma loop in my huis rond en sy wil vir julle iets sê."
My ma erger geskok as voorheen staan en kyk die vrou aan sprakeloos. En toe kry my ma dit reg om 'n woord uit te kry: "Wat laat jou dink dis my ma?"
Of die vrou my ma ooit geantwoord het of nie sal ek nie weet nie. Ek het nie gevra nie.
Voordat my ma daai middag in haar kar klim het die vrou gevra vir my ma se naam en foon nommer, want my Ouma het 'n boodskap vir ons. Wat die boodskap is en waaroor dit gaan weet ek nie. Dat dit heelwaarskynlik waansinnig is om te wag vir iemand om jou te bel met 'n boodskap van 'n afgesterwe familie lid is teen my beginsels. Ek glo dat as my Ouma iets wou sê sou sy haar kinders en klein kinders self kom nader het en nie 'n vreemdeling in haar huis sal spook nie.


Tog veroorsaak hierdie idee van kontak met iemand in ander plek as die lewe 'n fasinasie, laat jou wonder oor daai boodskap, laat jou wonder wat is so belangrik. Laat jou daai persoon mis, baie verlang.