Tuesday, June 10, 2008

Ek voel ook:

In my kinder jare onthou ek 'n beeld van 'n ou Oom, wat 'n effe vark was met 'n groot knertsie probleem, op sy stoep gesit en sy vrou het vreeslik te kere gegaan met hom oor sy drank gewoontes en oor hoe sleg hy is, op hom gestaan en bitch. Die ou oom het niks gehad om terug te antoord behalwe: "ek voel ook..." in 'n sagte, gewonde paar woorde...

Soms vergeet ons dat slegte mense ook voel, dat slegte mense gewoonlik meer voel!

Ek voel ook
Ek voel ‘n rou snik in my borskas vassit.
Ek voel hoe die liefde van ons wegbreuk,
skeur.
Ek voel my hart verkrimmel.
Ek voel hoe ek my trane vasklou.
Ek voel dit brand in my oë,
in my hart.
Ek voel so warm maar tog so leeg,
ek voel koud maar tog so vol.
Ek voel eina,
maar tog in beheer.
Ek voel jou hart
maar
ek voel hoe jy wegkruip.
Ek hardloop,
maar jy speel wegkruipertjie in die kamers van my hart.
Nie lank dan gaan ek jou vind,
nie lank en jy gaan moeg raak.
Jy hoef nie te kruip nie,
ek hardloop genoeg vir ons albei.
Sê die woord en ek spring weg,
ver weg,
vinnig en flink.
Sodat jy spasie het my lief.
Het jy my nog lief?
Jou hart sê ja,
maar jou oë twyfel.
Jy skree dit in my hart in,
maar my hart klap toe soos ‘n oester.
Die oester het geen sand of water rondom dit nie,
dis leeg,
alleen,
rustig en dood.
Met geen doel of ideal…Voel ek

2 comments:

bugs said...

Sjoe, dankie vir daai diep een

DoringRosie said...

diep? E dink dit was maar bietjie opperste.