Friday, March 21, 2008

Ongesorte trane:

Ek’t beplan om see toe te gaan vandag, maar toe draai die weer op my planne en ek kry die dag tyd liewer om te dink. Weens redes is ek uit die huis gegooi en bly ek tydlik by ‘n vriendin en haar ma. Baie dankbaar dat ek sulke goeie vriende het sit ek toe en dink.

Wonder

As my ma verby my kamer loop en my deur toe sien dink sy aan my? Mis sy my? Wonder sy waar haar kind is? Haar jongste en enigste dogter is nie in haar huis of onder haar oe nie. Wonder sy of ek regkom? Dink sy ooit aan my? Stort sy ooit ‘n traan as sy die stilte in die aand hoor en my kar nie in die garage of nie my wasgoed op die draad sien. En as sy my kat sien wat my soek wonder sy darem ‘n bietjie oor my?

Dan dink ek aan my kinderjare

Toe ek klein was, was ek ‘n bonneltjie liefde, wou net drukkies gee en soene uitdeel. Dit het natuurlik erg verander, maar wat vir my uitstaan is. Dat, toe ek klein was het ek die naere gewoonte gehad om my ma vas te druk en haar te soen en al wat ek wou doen was vir haar liefde gee en sy het gewoonlik my afgemat ek gese sy kry warm of nie nou nie of sy hou nie van vasgedruk word nie en my op so ‘n wyse weg gedruk. Ek wou haar liefde altyd voel en my ma in my hart vertrou. En gestraand toe ek in die bed lê het hierdie gedagtes in my kop homself herhaal en ek het gewonder of sy my nie wou druk en lief hê oor dat ek soos my pappa lyk en of sy bang was vir die eina wat ek eendag sou veroorsaak.

Gewonder of ons verhouding op die rotse gaan vergaan heeltemal en of sy my eendag weer haar dogter sal noem en my eendag weer sal druk. My hart pyn met bedrukte koue, harde, rou, rillende snikke maar my oë wel op met trane maar tog stort ek nie ene nie.

Ek moet seker sê dat my ma die liefde van haar lewe verloor het toe ek vyf was en dit haar egter op gevreet het van binne toe sy met ‘n ander man getrou het en nooit hom kon lief hê of vertrou soos my pa nie. En voor dit was die lewe ook nie regtig ‘n fees vir haar nie, so sy het eintlik maar ‘n swaar lewe gehad.

Ek dink hierdie blog is erg dramaties, glad nie ek nie, maar tog soveel van wat ek dink en ervaar dat ek dit nie sal verander nie en dit post en dit as terapie beskou vir my hart wat nie homself is nie.

3 comments:

Mev Dominee said...

Ek wens ek was 'n skrywer. Ek wens ek kon my emosies en gevoelens in woorde omsit en netjies in rytjies o ppapoer maak staan sodat ander mense kan ervaar en kan voel wat ek voel.

Heelaas.....

Weet dat ek empatie het met jou. (in fact jou post het my in trane gehad)

Ek bid dat jy wel in tyd , geluk sal vind. Dat dinge sal reg uitwerk.

Onthou hier is altyd mense wat omgee. moenie opkrop nie. praat (of blog) liewer en laat ander mense toe om vir jou om te gee en te sorg.

;o)

Eliza D Hunter said...

Hey Girl,

I can relate to a couple of the feelings and experiences that you have had.

But this is what I can say out of experience, God is so very awesome and He will always take care of us NO matter what goes on. He loves us unconditionally and on that we must depend, trust and know that He is our Daddy, for always and forever!!!

Hang in there, will be praying for you.

;)


C

bugs said...

hey, you have such an awsome way with words, perhaps you should think about a career change...

praying for you tho!

oh, and perhaps you need to alow your mother to read your blg