Tuesday, April 15, 2008

Na elke afdraand is daar 'n opdraand

Tot 'n paar jaar gelede het ek geglo dat daar net een afdraand is en 'n moerse groot opdraand. Die jaar het ek dit al hoe meer geglo, maar vandag het daai redinasie verander en ek begin wonder of daar nie wel dalk weer 'n afdraand is na 'n opdraand. Eintlik al wat ek oor gewonder het vandag...

Vandag was een van daai weird dae wat ek weird goed gedoen het en weird goed beleef het. Een van die weird goed wat ek gedoen het was ek het 8 paperclips gevat en dit gebuig in verskillende vorme terwyl ek geloop en stap het. Na 'n ruk het ek besef dat die paperclips almal lyk na engeltjies. Vir 'n ruk het ek daarna gestaar en besef agter elke vormpie is daar 'n storie. Die storie is seker my geheim en die een wat dit gesien het. Maar 'n storie met baie kante het ontwikkel uit 8 paperclips.

My weird dag is nog nie om nie en ek kan nie wag om te sien hoe dit gaan eindig nie.

2 comments:

bugs said...

yip, die afdraand is om die draai so hou jou rollerblades gereed :) en wanneer dit daar is, geniet elke oomblik! Gun jouself geluk en ware vreugde!

Eliza D Hunter said...

I agree with bugs. Wish I could help uou more and be there for you.

Remember you belong to God, and He'l be with you always.

Love,

C