Sunday, January 4, 2015

Die krulle om die Archers bottle

Dis vakansie tyd!  Jy is hier. Ek is hier.

Nou koop ons archers en smarties,  vergeet van ons hare, vergeet van ons lewe. vergeet ons van almal en als!

Hier sit ons laat aand op die dek, die smarties is op, die kole is koud, hare deurmekaar maar ons gesels...

Jou see groen oë kyk reg deur my, ek vermy oog kontak, vermy die elektrisiteit. Tel elke asem, elke second.

Jy is kosbaar.

Ons tye van krulle om die Archers bottle. Is min en ver tussen in. Sonder toesig, sonder kommer, sonder ñ gister of ñ môre. Die krulle om die Archers bottle is nou, dis kort, dis beperk.

Dalk die laaste keer, dalk die laaste keer die jaar 2014

No comments: