Saturday, January 24, 2015

Wakker stil

Vanaand is weer een van daai aande.

Ek lê wakker,  almal slaap
Niemand luister en ek wil praat

Vreemd,  bekend is die lewe
Jy praat niks vandag
Die Stilte is soos ñ boek
Hierdie Stilte lawaai

Jy het gesê nag
Ek het gesê lekker slaap
Min weet jy my kop swem met gedagtes oor jou
Jy sê dit nie, maar ek weet jy dink en droom van my

Dis donker
Dis stil
ALLES STAAN STIL
tyd stap nie vanaand nie
Almal slaap

En ek is maar wakker stil
Met ñ diep verlange na jou

No comments: