Sunday, January 4, 2015

Op my kniee

Ek vra vanaand op my kniee dat hierdie beker by my sal verby gaan. Hierdie veroorsaak leed, verwarring en hartseer !

Hier in my binne kamer, in die diep donker van die nag, voor nog ñ dag vra ek, smeek ek op my kniee. Asseblief laat hierdie lyding verby gaan...

Dis nie fisies siek, dis nie emosioneel siek, dis siel siek! Ek is siel siek...

Met elke dag wat kom en gaan, dwaal my kop al verder. Raak die verlange na meer net erger. Al die oefen, al die drank, al die lieg vir myself werk nie!

Hier staan ek op my kniee!  Asseblief help my


No comments: