Wednesday, January 7, 2015

Jou hande

Die hande van jou wat so egalig en streng die stuurwiel vashou. So sterk, maar tog so sag. Soveel beheer, soveel vryheid, so liefde vol.

Jou hande laat my binne smag na hul ferm maar sag vat, hard en sterk, maar tog so sensueel.

Die klein letsel op jou hand vertel stories. Stories waar van ek niks vra. Maar ek kan sien dis ñ trane trekker. Dis klein maar diep, so kort letsel'tjie.

Jou hande trek my nader. Ek wonder hoe hulle voel, ek wonder wat hulle als kan doen. Waar hulle ooral was.

Daai sensuele hande, so sag, so.sterk en ferm laat my smelt

No comments: