Saturday, October 9, 2010

wakker

Ek le wakker terwyl ek dink aan jou, smag na jou.
Ek le en dink aan die goeie en die slegte
Ek le en dink aan die kurwes van jou lyf en die sag van jou liggaam

Jy dwaal in my kop
Ek mis jou
Jy verdwaal in my gedagtes
Ek mis jou
Jy sit in my hart
Maar ek mis jou

Wakker le ek, jy maak my dronk soos jy deur my kop loop
Jy maak my deurmekaar, so baie mis ek jou
Ek verloor my gedagte gang want jy druk my knoppies
Alles van jou soek ek

Ek is wakker, wawyd wakker en dis als jou skuld

No comments: