Thursday, October 14, 2010

kos vir my siel

Soms as dinge moeilik gaan gee 'n mens die dinge wat jou die meeste genot op.
Soms laat gaan jy van jou passie
Soms is daar nie plek vir passie en seer nie
Soms verdwyn die liefde vir iets

En dan na paar weke, na 'n paar maande skrik jy wakker
Kom jy agter 'n issue is weg
Die issue wat jou passie gevat het
Die issue wat die seer veroorsaak het is weg
En dan kom die passie terug en die honger

Daai honger maak jou lus vir doen wat jou gelukkig maak

Ek het kos nodig vir my siel
Ek moet tyd maak vir my passie
Ek is honger

No comments: