Saturday, October 9, 2010

pink boek

VERDWAAL:
Soms kan ek verdwaal in die kamers van my hart
Soms verdwaal ek in jou woorde
Soms verdwaal ek in die pole van jou grys blou groen oe

Verdwaal is tricky
'N mens verdwaal nooit regtig nie
'N mens vat soms net 'n ompad of 'n langer pad om erens te kom
Jy verdwaal nooit, mis trap soms
Loop in die verkeerde rigting
Dwaal soms op die verkeerde pad.

Vandag het ek 'n ver ompad geloop deur dorings en takke.
Na daai lang ompad het ek weer die kamp gevind.
Daars altyd iemand wat weet waar jy is.

No comments: