Saturday, October 9, 2010

pink boek

NAG
Vanaand is die maan 'n halwe geel kaas en hy le op sy rug en seil deur die melkweg, haastig verby "Orion-se-belt" en die "Suiderkruis"

Die berge staan donker vaal blou ver in die agtergrond van die donker nag. Die blink oggend ster blink en wag om sy laaste lig te gooi.

Die rivier kruip sag & rustig verby die slapende riete , wat rus na 'n dapper dag van vasstaan.

Die doringbos is vrede vol en kalm, wag vir die dag vir nog 'n slagoffer.

Die wit lelie vergesel die aand, rustig, vleiend.

Die grondpad is dood, die dag se ry op hom het hom tot op 'n einde gebring, hy is dood.

Die klippies in die pad moan van al die plat trap, niemand luister na hulle nie. Hul geraas le op dowwe ore.

die kampers is stil uit eindelik. En die nag se rus wag vir more se besig wees, lawaai en adrenalien.

No comments: