Sunday, March 1, 2015

Wag

Wag, is daai onbeskryflike lang oomblik in jou lewe waar als stil staan en jy glo iets gaan gebeur.

Hierdie oomblik het my bereik en ek weet daar is iets aan die kom. Geen idee wat. Maar ek wag. Ek is opgewonde. Niks maak sin. Tyd staan stil. Ek wag in opgewondenheid vir iets nuuts en onbekend.

Twyfel in my kop wat vra: "Wat gebeur as jy aanhou wag. En niks kom?"
Genade ek weet nie?  Seker weer terleurgesteld. Seker onnugtering. Miskien ñ bietjie klein dood in hierdie kinder hart van my.

Ek wag...

No comments: