Wednesday, March 25, 2015

Swaar weer

Vanaand is dit pik donker
En ek verlang na jou

Daai eerste aand wat ons saam deur gebring het. Jy in jou kamer en ek in myne. Donder knal.het ons wakker gemaak. Ek't in my pajamas gaan soek na jou, om seker te maak jy is okay.

In die blitse se lig kon ek jou glimlag sien
Jou oë het saam gelag aan die idee ek ondersoek instel na jou ,jy wat so ñ dapper held is. Vandag lag ek ook daaroor

Maar soos ek jou sien vra jy of ek okay is. En jy sê: "Kom klim hier in by my. " ek was uitgehaal, nie geweet of ek moet of nie. So het ek bo op die bed, langs jou kom le, met teminste ñ meter tussen ons.

Die intensiteit van maak asof ons slaap was iets om van ñ boek te skryf. Maar ons het daar gelê. Te bang om asem te haal. Tot jou alarm ons Stilte wakker gemaak het en jy moes die ver pad huistoe vat.

Daai oggend het ek my arms om jou gevou en ek jou gevra om te bly. Maar pligs getrou moes jy huistoe. Na jou lewe,  na jou vrou.

Daar niks gebeur tussen my en jou
Dit voel soms asof ons teveel al saam gedoen het
 En vanaand mis ek jou!

No comments: