Monday, March 16, 2015

Ek is jaloers

Ek is verseker jaloers op als wat ek nie kan kry
Soos ñ kleintjie oor nuwe speelgoed
Soos ñ man oor ñ sports kar

Ek wonder, dit maak my mal
Lê jy vanaand in haar arms?
Is sy vanaand langs jou?
Kan sy jou woordloos verstaan soos ek?
Besef sy wie of wat jy is?
Weet sy jy is onvervangbaar?
Leef sy haar in jou oë in soos ek?

Ek is jaloers

Want

Ek weet jy sal nooit weet
Hoe ek proe
Hoe ek dink
Hoe ek aan jou graag sal wil raak
Hoe spesiaal jy is

Die jaloesie sal agter my glimlag skuil


No comments: