Saturday, July 26, 2014

Kies jou vriende

Het jy al ooit gewonder hoe kies jy vriende?

Deur die jare het ek opgelet hoe my vriende wissel deur die goeie tye en die moeilike tye. En hoe langer ek aan dit dink, hoe meer sien ek dit soos ñ stap route.

Eerstens vergelyk ek elke lewens les met ñ stap roete. Dan sien ek die lewe as die jong persoon, lekker vol vuur, Natuurlik met grootste sak, duurste equipment en als in wat moontlik kon pas.

So begin die jong persoon stap met moed en durf.

Aanvanklik gaan dit goed, heuwels lyk soos mols hope ensuite. Maar hoe verder jy stap en die pad al erger en langer raak, maak hy sy sak meer en meer leeg. Totdat daar op die ou einde net die belangrikste en nodigste saam hom gaan tot op die einde.

Ek sien vriende so, wanneer dit goed gaan het jy baie vriende,  wanneer dit sleg gaan bly net die belangrike en regte vriende by jou en ondersteun jou.

My sak is dalk so te sê leeg, maar dis nodigste en beste vriende is my regte vriende.

No comments: