Sunday, November 17, 2013

Waar ek nooit gedink het ek sal jou vind

Ek sit in 'n koffie winkel, ek maak my kop skoon.

Ek skryf bietjie neer wat deur die pype van my hart pomp en die onsekerheid wat deur my kop dans. Ek het jou Vrydag aand ontmoet, van die oomblik wat ons ontmoet het, kon ons nie ons oe van mekaar afhou nie, ons kon nie ophou gesels nie. Ek het nog nooit so 'n konneksie gehad met enige man nie.

Hoe ons ontmoet het is soos iets uit 'n Holywood romans. My werk kolega's het besluit ek moet 'n kerel kry, min weet hierdie kolega's wat als gebeur het in my verlede, ek blog net daaroor en praat met paar mense. So word my nommer gegee aan hierdie man, en ek ontvang sy nommer. Maar ek maak nie kontak nie, toe kry ek 'n boodskap: "Hi, are you ...?" , my eerste reaksie oe-la-la hier kom iemand uit my verlede en ek antwoord soos 'n regte klein snip: "Hi, jip and who are you?". Dink vir myself, hoe weird is dit. Dit was Donderdag aand. Vrydag by die werk wil die kolega natuurlik details he, maar ek is baie skaam en persoonlik, ek deel niks. Vrydag na werk besluit ons om mekaar vinnig te ontmoet vir 'n vinnige koffie. Soos in 15min koffie. Met die het ons nie mekaar se foto's gevra nie. So eintlik weet die een nie hoe die ander een lyk nie.

Ek het vroeer klaar gemaak as hy by die werk, so ek was daar eerste. Met die reuk van koffie en 'n koerant sit ek en wag geduldig, niks wat jaag. En toe stap hierdie man in, loop reguit tot by my en se: "Hi, Are you .... ?" natuurlik is ek so geskok. Hier staan 'n groot (6 voet 1) man met bree skouers, donker hare, donker bruin warm oe, mooiste leeu glimlag en hy is hier om my te ontmoet. Ek is mos nie 'n mooi meisie nie, ek is nie maer nie, ek is net afrikaans en plein. Geskok se ek: "Yes and you must be..."

So raak ons 15min koffie drink 'n 3ure kuier waar ons nie kan stil bly nie, ook nie kan ophou lag nie. Ons stap 2sirkels na die koffie om tyd te wen saam mekaar om nog bietjie te gesels. Ek natuurlik verstom dat so 'n aantreklike jong ou met my wil tyd spandeer. Gee hom 'n drukkie aan die einde van die aand en ons is oppad, elkeen in ons eie rigtings. Kom by die huis en ons gesels vir nog 2ure.

Volgende oggend is hy al vroeg op vir werk, die Saterdag en ek vroeg aan die oefen. Bly in kontak die hele tyd en toe val sy foon in chemikalee. Daar gaan ons chats, net om later 'n oproep te kry om te se hy het 'n ou vrot Nokia in sy kas gekry, geen internet, maar ons kan mekaar sms. Nou sms ons net. Nou is dit Sondag, en hy het gevra of hy my kan sien. Ek besluit ek sal ry tot waar hy op call is en ek sal solank begin werk aan my webtuiste terwyl hy werk, "Joys of a Graphic designer".

Hierdie mooi man is mal oor my, en in 2 dae se tyd wil hy my weer sien. Ek dink ek is verlief op 'n lang donker man met die mooiste oe. Kan 'n mens so vinnig verlief word? Kan mens so vinnig in tune wees met iemand wat jy nie ken nie? Is dit moontlik? Ons maak mekaar se sinne klaar. Ek het weg getrek van my tuiste en toe ek 5jaar later terug kom toe ontmoet ek hierdie stunning ou waar my lewe begin het. Onverwags, maar nie toevallig. Ek is nou 'n jaar terug in my tuis dorp.

No comments: