Friday, December 28, 2012

Gay of nie?

Daar is baie jong mense daar buite wat ewe skielik 'n verhouding met dieselfde sex aanknoop.

Ongelukkig meeste sal na 'n ruk besef dis nie vir hulle en sommiges gaan aanhou soek van een verhouding na die ander met die hoop dat hul die regte partner kry.

Redes vir hierdie ongelukkige gebeurtenis is:

1. Baie Afrikaanse gesinne maak hul kinders baie naby aan mekaar groot (onskuldig, beskermd) en dan eendag wanneer daai kind in die onbeskermde wêreld daar buite kom en hul weet nie hoe om hulself te beskerm nie beland hul in die gat van selfde geslag verhoudings. Dan kry hul die verkeerde vriend of vriendin wat geen self morele het en hul beland in die GAY wereld.

2. Soos altyd is daar molestering, mishandeling of aanranding erens wat die vrees vir die teenoorgestelde geslag verwek. Dit sal natuurlik veroorsaak dat die persoon nooit 'n goeie verhouding, vrees en altyd wantrou teenoor die ander geslag sal huisves wat sal veroorsaak dat die persoon ook in die selfde-geslag verhoudings trap.

3. Party mense glo hulle is so gebore, maar inteendeel is dit heelwaarskynlik oordat hul nooit gebond het met hul ma en pa soos die Skepper dit bepaal het. Dan wat gebeur is, die persoon ontwikkel 'n Mommy of Daddy kompleks. Wat dan gebeur is die meisiekind, oordat sy geheg was aan haar ma sal dan 'n partner soek soos haar Ma en die seunskind sal dan 'n partner vind soos sy Pa of selfs as die Pa of Ma afwesig was van vroee ouderdom kan die kind die nood ontwikkel om 'n Ma of 'n Pa te he, bv. Meisiekind se Ma is dood van kanker toe sy klein was en kan haar skaars onthou, so sy sal altyd soek vir 'n vrou in haar lewe soos 'n Ma, dis raak sy verlief op 'n ouer dame.

4. Dan natuurlik kry ons die mid-life crisis van die vrouens en mans bo 40 bv: Vrou wat moeg is vir al haar man se twat kry dan vir haar 'n bosem vriendin wat dan die rol oorvat van partner en lover.

5. Alleenheid, baie vrouens en mans wat nooit 'n partner kry nie sal eventaully so 'n swak selfbeeld he dat hul sal settle vir dieselfde geslag. Rede hiervoor is omdat hul net vriende ken en nooit regtig die dating scene betree of miskien sosiaal onaanvaarbaar is.


 

Wat kan 'n mens doen vir die jong mense?

Ek myself het in hierdie gat getrap en daar was eintlik niks wat enige iemand kon doen nie. Ek moes deur dit gaan, my kop hard stamp teminste 2keer en toe ek uit eindelik die lig sien was dit te laat en die van my drome het ek verloor.

My advies is, gaan praat met 'n sielkundige, as jy nie ooreenstem met die eerste ene nie, gaan praat met nog een totdat jy die een vind wat vir jou bedoel is. Of wag, besef jy is nie in beheer van jou lewe en laat jou ouers vir jou besluite maak.

Ouers die ergste ding wat jy kan doen is om jou kind te probeer stop .Vir die ouers in hierdie situasie is die negatiwiteit van die mense rondom hulle baie swaar. Almal oordeel asof hulle nie probleme het nie. Die ouers moet altyd onthou dat eendag as daai kind wil terug kom moet hul daar wees om daai kind te vang en op te help. So pasop vir die breë wat jy brand, want eendag gaan jy dit weer moet oor bou.

As jy as jongmens nou deur so 'n situasie is of gaan, gaan jy alleen voel, soms baie negatief, soos 'n mislukkig meeste van die tyd en defnetief gaan jy die terleurstelling in jouself nie kan wegsteek nie. In die begin gaan jy alleen wees met al daai herinneringe en al die seer en twyfel. Dit sal ook deur jou kop gaan dat dit soveel makliker sal wees om terug te gaan daarna, maar dit sal nie 'n oplossing wees nie net 'n uitstelling. Jou vriende sal verdwyn en die paar wat rond hang sal eintlik net daar wees vir die "scoop". Als natuurlik hang af van hoe erg jy in die "Gay" lewe was, hoe lank, hoe aktief, hoe oop en hoeveel partners. Onthou slegte nuus oor iemand trek altyd vinniger as goeie nuus. So indien jy van 'n klein plekkie af is, weet almal by die huis wat gebeur het en glo my hul las hulle eie sterkies by.

Ek was 6 jaar in die 2 sulke verhoudings, ek persoonlik het seker 4 mense vertel daarvan. Toe ek besef het die leefstyl is nie vir my het dit my lank gevat om terug te kom huistoe. Op die ou einde het ek met my stert en al my besitting wat in my kar kon pas terug gekeer huistoe. Ek was baie populere in my dorp toe ek hier weg is, maar nou is ek so onpopulere soos 'n ou gebreukde kar. My repitasie is in vlarde. My familie kan ek sien is in baie pyn en ek het hul baie terleurgestel. 6jaar gelede was ek 'n "A" student met 'n see van geleenthede, maar oor my leefstyl het ek verhuis en my studies weggegooi (gras is nie groener aan die anderkant nie, dt lyk net so). Ek was in 'n verhouding met 'n wonderlike man en ek moes hom van my afkap om weg te kom, en nou het hy als wat hy van my wou he by iemand anders gevind. My hart breuk keer op keer oor al my foute, maar dis te laat ek kan niks terug vat en ek kan niks verander. Op hierdie stadium het ek niks en ek is niks.

My grootste advies is dat as jy 'n groot besluit wil neem, wag tot jy 24 is teminste, want dan begin jy 'n brein ontwikkel.

Ouers, dis moeilik as jou kinders so aanjaag, maar staan by hulle. Dit beteken nie jy hoef te aanvaar wat hul doen nie, maar ondersteun hulle. Eendag kom ons terug en soms kom party nie terug nie, want hul dink hulle het nêrens om te gaan nie. Met al die terleurstelling en seer kom baie kretiek en baie vals vriende. Maar op die einde van die dag wanneer jou kind terug kom, is dit oor en oor die moeitewerd. Jou kind sal altyd jou kind bly...


 

My grootste wens is om die man wat ek verloor het nooit regtig te verloor het en die studies wat ek opgegee het nooit regtig opgegee het nie.

No comments: