Friday, December 28, 2012

Gay Breakup

Ongelukkig is alle gay break ups lelik.

My eerste break up het my girlfriend gedreig met selfmoord en toe dit nie werk nie het sy seker gemaak dat almal uitvind dat ek baie ver in die kas wegkruip. Dit was 'n Kawazaki op breuk, my familie het 'n huge skok gekry en tot nou toe sukkel ek nog om dit te herstel, 6 jaar later.

My tweede break up het my girlfriend seker gemaak dat ek 'n stalker kry wat my dag en nag geagtervolg het. Hy het my Ouers en Familie gebel midernag om hulle uit te freak en ook gedreig met 'n seks tape en aanranding. Sy natuurlik was slimmer en het iemand gekry om die vuil werk te doen, want geen straight pastoor sal ooit hulle hande vuil maak nie. Hierdie was 'n fisiese opbreuk, my stalker het my fisies gedreig en my permanent geagtervolg en op die ou einde het ek teminste 30kg opgetel. Nou sukkel ek na 3jaar om dit te verloor en glo my dis amper ontmoontlik.

My laaste break up was meer drasties, elke dag 'n boodskap ontvang om te se hoe kak ek is en toe het dit verminder na twee keer 'n dag. Dit was meer emosionele op breuk en baie groot tol op my emosies gevat.

Daai is my persoonlike experience.

Die breakup waarvan ek al gehoor het is dat die mense mekaar aanrand en probeer mekaar mutilate; party probeer mekaar finansieel uitroei; party probeer ander se werks omstandighede vernietig; en baie pleeg selfmoord en soms vermoor die een die ander een.

My advies: Probeer so skoon as moontlik breuk. As jy kan uit die dorp of stad uit, doen dit. Breuk die kontak af en na 'n seker hoeveelheid tyd praat sodat julle , jul verskille kan uitpraat en closure kry.

No comments: