Sunday, April 24, 2011

Nuwe dorings op die horison

Hi daar
Ek was stil vir 'n ruk, het myself 'n bietjie reggeruk my kop agter mekaar gekry en wel ek is terug op die brug. Begin weer my ou self raak, besig aan die gang, dink meer as gewoonlik, maak vrede wat kom wat gaan en wel waar ek is.

Soms is waar jy is die plek waar jy die minste wil wees, maar die meeste moet wees!

Ek sien nuwe dinge in my toekoms. Soos:
Wou nie kinders he , nou oorweeg ek dit.
Wou nie gay wees, nou aanvaar ek dit. (Moeilik soms nogsteeds)
Wou nie erken hoe pateties ek soms kan voorkom, sien dit nou sonder twyfel.

Ek begin groot raak,leer en miskien LEEF!

No comments: