Sunday, August 23, 2009

plek

Het jy al ooit gewonder wat maak jou tuis waar jy bly?
Of wat moet gebeur voor jy iets huis noem?
Waar is jy tuis en weet jy hoekom?
Het jy al ooit gewonder watter plek gee jou die meeste idees?
Waar is dit wat jou brein net vrye teels gee?
Wat maak jou geliefkoosde koffie kuier die beste een?

Het jy al ooit na ‘n gebreukde stoel gekyk, ge-kyk!

Ene wat eenmaal jou tuiste was, jou bron van rus, idees, kreatiwiteit, gemak en liefde.

Maar nou soos jy kan sien is die stoel gebreuk en jy kry ‘n plaas vervanger
Slegte ding is, soos alle plaasvervangers haal tweede beste nooit die wenstreep as eerste nie. Tweede beste bly tweede beste en die beste is nou maar die beste. Hartseer, is dit nie.

Ek sit en kyk terug op my geluk, gemak, tuiste, liefde en oorwininng. Kyk na my dop posisie en besef niks sal hierdie oomblik, hierdie plek, hierdie huis, hierdie gevoel ooit verbeter of vervang. Plek is maar ‘n tydelike, ons is almal oppad na ‘n ewigheid. Hierdie is net ‘n een-stop kaffee (oomblik) om gou iets te kry en iets te leer en dan beweeg ons maar weer aan.

1 comment:

Sunflower said...

Mooi geskryf, ek is bly jy is gelukkig!!! Dit gee my n vrede in my hart om te sien en weet jy is.