Thursday, February 28, 2013

Speel met vuur

Ek speel met vuur

Maar dis so lekker

dit kom naby my hand

die vlam stokkie raak korter

dis lekker warm

ek draai en twis die vlam stokkie

die vlam brand so helder

wil dit nader bekyk

en nader

die oranje en rooi golfies wat so oor mekaar hardloop

sjoe dis mooi

ek gaan myself brand

maar ek gaan net nog so bietjie speel

die stokkie raak korter

wil nog eenkeer dit van naby bekyk

ek voel dit hitte

ag dis nie so warm nie

die stokkie raak korter

oach

nou het ek gebrand