This was a perfect day, with perfect company!
Wednesday, January 29, 2014
A story for a Saturday?
This was a perfect day, with perfect company!
Ouma het 'n "boodskap"
Monday, December 30, 2013
Gister, vandag en môre
Ek het jou lief gehad met my hele hart, my als op geoffer vir jou (nie oor jy gevra het nie, maar oordat ek wou). Saam was ons T n T (plofstof) alleen was ons soos water. Ek was mal oor jou, absoluut versot.Ons het 'n lewe saam begin, so baie op geoffer en tog nooit besef hoe baie ons sou verloor nie. My altyd maak belowe, moenie spyt wees oor ons nie.
Soos als wat blom, raak die energie min, raak die kleur broos en na 'n ruk vergaan dit.
Toe kry ek 'n tweede kans, 'n nuwe liefde, 'n nuwe op offering. Wat 'n kind ek was.
Die tweede was vinniger dood as gebore.
Toe was dit tyd vir die derde, die finale. Ons het mekaar vir afsku, maar tog mekaar lief gehad. Baklei soos kat en hond maar tog mekaar aangevul. Ons was die teenoorgestelde. Tot op die ou einde het ons mekaar amper vermoor.
En dit was gister...
Nou sit ek in vandag en het die voor reg van terug kyk na gister.
Ek het geleef, geondervind, lief gehad, kanse gewaag, getoer, my kop gestamp en baie foute gemaak wat ek nooit weer sal kan regmaak nie. Maar tog is ek nie spyt, want ek het geleef.
Enigeste ding van vandag is, ek kan nie leef, verlief raak, my kop stamp of seer kry nie.
Ek het nie meer tyd vir LUXURY nie (Luxury bedoelende gee en verloor).
Wat ek het op die oomblik is my vrede, iets waarna ek gesmag het. Wat ek het is my regte vriende, wat ek geleer het om te waardeer. Wat ek het is my gesondheid, dis prysloos, dis iets onkoopbaar duur. Wat ek het is my familie, iets wat ek verloor het. Wat ek het is my lus vir die lewe, my wil vir goeie toekoms. Wat ek het is ek, ek, ja klink simpel maar ek is ook kosbaar. Ek is my eie mens, amper.
Ek is bang vir môre...
Vanaand gaan ek slaap en dan is ons by môre. Ek het 'n vrees vir môre.
Môre is onbekend, dis iets nuuts, iets wat ek nie kan beheer nie.
So lê my keuses. Ek kan of agter toe sit, soos ek gemaak het hierdie jaar en net wag vir my lewe om sy pad te stap. Of ek kan boudjies wikkel en miskien iets goed doen vir myself.
Die pad wat ek wil vat maak my bang, die pad is iets totaal buite my beheer (WHAT A CONTROL FREAK I HAVE BECOME), dit gaan nie maklik wees nie, dit gaan duur wees, dit gaan uitputtend wees, dit kan of positief eindig of sleg. Dis tyd om my geloof op te skerp, te ophou praat oor wat ek wil doen en teen einde iets te doen wat ek nie die einde kan voorspel nie. My hele lewe kom tot 'n slot som. My hele lewe is nie in my hande nie.
DIS TYD VIR MôRE NOU!
Hardloop, Hardloop
NUUSFLITS: net soos wat jy jou eie groot vyand is, is jy ook die persoon wat jou lewe maak of breuk.
Ek is sowat 'n jaar en 2 maande terug in my natuurlike habitat en ek voel en lyk goed. Ek begin strek na die sterre, droom groot drome en met my voete plat op die grond kry ek die beste opvoeding wat ek ooit voor kon wens. Hardloop hou my kop skoon, leer hou my kop vars en ek is gelukkig.
Sunday, November 17, 2013
Waar ek nooit gedink het ek sal jou vind
Ek sit in 'n koffie winkel, ek maak my kop skoon.
Ek skryf bietjie neer wat deur die pype van my hart pomp en die onsekerheid wat deur my kop dans. Ek het jou Vrydag aand ontmoet, van die oomblik wat ons ontmoet het, kon ons nie ons oe van mekaar afhou nie, ons kon nie ophou gesels nie. Ek het nog nooit so 'n konneksie gehad met enige man nie.
Hoe ons ontmoet het is soos iets uit 'n Holywood romans. My werk kolega's het besluit ek moet 'n kerel kry, min weet hierdie kolega's wat als gebeur het in my verlede, ek blog net daaroor en praat met paar mense. So word my nommer gegee aan hierdie man, en ek ontvang sy nommer. Maar ek maak nie kontak nie, toe kry ek 'n boodskap: "Hi, are you ...?" , my eerste reaksie oe-la-la hier kom iemand uit my verlede en ek antwoord soos 'n regte klein snip: "Hi, jip and who are you?". Dink vir myself, hoe weird is dit. Dit was Donderdag aand. Vrydag by die werk wil die kolega natuurlik details he, maar ek is baie skaam en persoonlik, ek deel niks. Vrydag na werk besluit ons om mekaar vinnig te ontmoet vir 'n vinnige koffie. Soos in 15min koffie. Met die het ons nie mekaar se foto's gevra nie. So eintlik weet die een nie hoe die ander een lyk nie.
Ek het vroeer klaar gemaak as hy by die werk, so ek was daar eerste. Met die reuk van koffie en 'n koerant sit ek en wag geduldig, niks wat jaag. En toe stap hierdie man in, loop reguit tot by my en se: "Hi, Are you .... ?" natuurlik is ek so geskok. Hier staan 'n groot (6 voet 1) man met bree skouers, donker hare, donker bruin warm oe, mooiste leeu glimlag en hy is hier om my te ontmoet. Ek is mos nie 'n mooi meisie nie, ek is nie maer nie, ek is net afrikaans en plein. Geskok se ek: "Yes and you must be..."
So raak ons 15min koffie drink 'n 3ure kuier waar ons nie kan stil bly nie, ook nie kan ophou lag nie. Ons stap 2sirkels na die koffie om tyd te wen saam mekaar om nog bietjie te gesels. Ek natuurlik verstom dat so 'n aantreklike jong ou met my wil tyd spandeer. Gee hom 'n drukkie aan die einde van die aand en ons is oppad, elkeen in ons eie rigtings. Kom by die huis en ons gesels vir nog 2ure.
Volgende oggend is hy al vroeg op vir werk, die Saterdag en ek vroeg aan die oefen. Bly in kontak die hele tyd en toe val sy foon in chemikalee. Daar gaan ons chats, net om later 'n oproep te kry om te se hy het 'n ou vrot Nokia in sy kas gekry, geen internet, maar ons kan mekaar sms. Nou sms ons net. Nou is dit Sondag, en hy het gevra of hy my kan sien. Ek besluit ek sal ry tot waar hy op call is en ek sal solank begin werk aan my webtuiste terwyl hy werk, "Joys of a Graphic designer".
Hierdie mooi man is mal oor my, en in 2 dae se tyd wil hy my weer sien. Ek dink ek is verlief op 'n lang donker man met die mooiste oe. Kan 'n mens so vinnig verlief word? Kan mens so vinnig in tune wees met iemand wat jy nie ken nie? Is dit moontlik? Ons maak mekaar se sinne klaar. Ek het weg getrek van my tuiste en toe ek 5jaar later terug kom toe ontmoet ek hierdie stunning ou waar my lewe begin het. Onverwags, maar nie toevallig. Ek is nou 'n jaar terug in my tuis dorp.