My Ouma is al meer as 10 jaar oorlede
Haar huis is al meer as tien jaar nie haar huis nie, nuwe
eienaars
Met "spring-cleaning" vind mens altyd goed wat jy
vergeet het en nie nodig het nie, maar tog wat van onskatlike waarde is vir iemand
anders.
So doen my Ma die opruim voor die lente en vind my Ouma se
huis se planne, die goeie mens wat my ma is besluit sy om dit sommer persoonlik
te gaan aflaai.
My ma stop by die bekende mure van die bekende huis en stap
soos jare gelede na die voordeur, klop met die leeu kop en wag. Na sowat 'n
minuut hoor my ma die voet stappe nader kom. Maar die gesig wat oopmaak is
onbekend. Die vreemde vrou nooi my ma baie vriendelik binne. My ma gee die
planne en in ruil gee die vrou my ma 'n kyk van dankbaarheid.
En toe: "Sê my" sê vra die vreemde vrou "is
jou ma kort, so om en by my lengte, wit hare, mooi gesig, nie regtig oud nie en
het sy baie skielik gesterf?"
My ma geskok natuurlik, kyk die vrou baie skepties aan
en wonder. Maar voor my ma iets kon sê
antwoord die vrou : "Jou ma loop in my huis rond en sy wil vir julle iets
sê."
My ma erger geskok as voorheen staan en kyk die vrou aan
sprakeloos. En toe kry my ma dit reg om 'n woord uit te kry: "Wat laat jou
dink dis my ma?"
Of die vrou my ma ooit geantwoord het of nie sal ek nie weet
nie. Ek het nie gevra nie.
Voordat my ma daai middag in haar kar klim het die vrou
gevra vir my ma se naam en foon nommer, want my Ouma het 'n boodskap vir ons.
Wat die boodskap is en waaroor dit gaan weet ek nie. Dat dit heelwaarskynlik
waansinnig is om te wag vir iemand om jou te bel met 'n boodskap van 'n
afgesterwe familie lid is teen my beginsels. Ek glo dat as my Ouma iets wou sê
sou sy haar kinders en klein kinders self kom nader het en nie 'n vreemdeling
in haar huis sal spook nie.
Tog veroorsaak hierdie idee van kontak met iemand in ander
plek as die lewe 'n fasinasie, laat jou wonder oor daai boodskap, laat jou
wonder wat is so belangrik. Laat jou daai persoon mis, baie verlang.
No comments:
Post a Comment