Thursday, September 25, 2008

Glass kas

Vandag sit ek weer eens in my glaskas op die verhoog en kyk hoe die hele wereld verby my stap! hoe almal hulle gang gan en ek sit hond alleen in my koue yskas van glas en hou hulle dop!



Daar loop skaduwee mense verby en mense van staal en nou en dan kruip 'n dwerg verby. Ek wonder of ek raak gesien word in hierdie glaskas? Ek wonder of hulle net so baie wonder soos ek doen. Soms sit ek in die glaskas en bewonder hulle of soms huil ek erger saam hulle!

Maar vandag kyk ek en ek hou dop en ek wonder wanneer een van hulle sal omkyk en sien die lewe wat in my wegkruip! en die vraag natuurlik is sal hulle dit raak sien!

Tuesday, September 9, 2008

Wednesday, July 30, 2008

time

Tydelik is in veraltyd
Bring saam jou tasse
Toekoms is naby

Tomorrow has past
Today has come early
Yesterday went now

So wanneer kom jy met jou tekkies?
Die wedloop het gestop
Jou sweet tap die wereld vol

If tomorrow visits today
Will yesterday be jealous?
What if yesterday never happend

Wat 'n deurmekaar storie
Twyfel of iemand die choas gaan verstaan
Wie maak die sin daar uit

Sunday, July 6, 2008

Bank vas

Vanoggend het ek wakker geword met 'n gevoel van hartseer, verlange en net baie baie moeg(moedeloos en moederloos)!!! Dit het my omtrent 2ure gevat om te besef hoekom ek so moeg is en toe ek dit besef het iets in my verdonker.



Wat het ek besef? Daar het 'n vraag by my opgepop: "Hoe lank kan 'n vegter aan hou veg? Hoe lank kan 'n gladiator aan hou deelneem en stoei?"

Hoe lank nog? Wanneer begin jy jou krag verloor en agteruit beweeg?

Goeie vraag

Ek glo dat God staan bank vas agter my en ondersteun my in elke stap wat ek vat.

Tuesday, June 10, 2008

Ek voel ook:

In my kinder jare onthou ek 'n beeld van 'n ou Oom, wat 'n effe vark was met 'n groot knertsie probleem, op sy stoep gesit en sy vrou het vreeslik te kere gegaan met hom oor sy drank gewoontes en oor hoe sleg hy is, op hom gestaan en bitch. Die ou oom het niks gehad om terug te antoord behalwe: "ek voel ook..." in 'n sagte, gewonde paar woorde...

Soms vergeet ons dat slegte mense ook voel, dat slegte mense gewoonlik meer voel!

Ek voel ook
Ek voel ‘n rou snik in my borskas vassit.
Ek voel hoe die liefde van ons wegbreuk,
skeur.
Ek voel my hart verkrimmel.
Ek voel hoe ek my trane vasklou.
Ek voel dit brand in my oë,
in my hart.
Ek voel so warm maar tog so leeg,
ek voel koud maar tog so vol.
Ek voel eina,
maar tog in beheer.
Ek voel jou hart
maar
ek voel hoe jy wegkruip.
Ek hardloop,
maar jy speel wegkruipertjie in die kamers van my hart.
Nie lank dan gaan ek jou vind,
nie lank en jy gaan moeg raak.
Jy hoef nie te kruip nie,
ek hardloop genoeg vir ons albei.
Sê die woord en ek spring weg,
ver weg,
vinnig en flink.
Sodat jy spasie het my lief.
Het jy my nog lief?
Jou hart sê ja,
maar jou oë twyfel.
Jy skree dit in my hart in,
maar my hart klap toe soos ‘n oester.
Die oester het geen sand of water rondom dit nie,
dis leeg,
alleen,
rustig en dood.
Met geen doel of ideal…Voel ek