Thursday, February 12, 2009

iets om te lees...

Ek het ‘n vriendin wat altyd vir my sê: “Moenie jannie jammer gat op jouself trek nie.” Kom ons noem haar net Nooi Marais.
En die vriendin wat ek gewoonlik die “jannie jammer gat “ voor trek, kom ons noem haar Gladdebek.
En dan het ek ‘n vriendin wat absoluut uniek is en die interesantste goed kwyt raak, kom ons noem haar TLC.

Hierdie blog word spesifiek vir Nooi Marais, Gladdebek en TLC geskryf.

Nooi marais, jy sê altyd ek moenie myself jammer kry nie, en ek stem saam. Maar die tragedie van die saak is wie gaan my jammer kry as ek nie doen nie, grap net. Ek is vol foute en ek sien dit elke dag. Ek stamp my toon een maal ‘n week teminste en dan, maak ek hom maar toe en gaan aan.

TLC!!!! Where are you? It feels as if you disappeared, even thou I’m the one who is actually quiet. I miss you and I need your weird opinion in my very boring life. My friend stop hiding and come talk to me. Or should I say I’ll stop hiding and come to talk to you.

Gladdebek, Gladdebek. Ek is so jammer vir elke keer wat ek ‘n “jannie” op jou getrek het en jou om my vinger gedraai het net om weer jou af te skut. Gladdebek, ek en jy weet albei ek maak foute. Ek is nie foutloos, maar ek wil terug kruip na jou, ek wil reg maak, ek wil nie wegkruipertjie speel nie. Ek wil net na jou toe kruip al leef ek net in jou skadu. Ek kort jou in my lewe Gladdebek, jy is in my hart. Ek wil net oop en eerlik met jou wees.
Dis moeilik om te sê...
Jy gaan seker sê: “jy het jou kans gehad.”
Ek het my kans gehad ek stem saam, maar kan ek teminste ‘n kans kry om net met jou te gesels sonder al jou wagte? Ek mis jou oneindig baie, en al maak ek vriende met miljoene gaan ek nogsteeds alleen wees sonder jou.
Jy het gesê ek is ‘n halwe mens. Ek soek nie my identiteit meer in goed nie, ek soek dit nie meer nie. Ek het dit gekry. Ek weet wie ek is en wat ek soek.
Ek is ‘n mens vol foute, wat jou lief het, my sexualiteit het niks met wie ek is te maak, my beroep is nie wie ek is nie, my verlede is net ‘n trap en my talente net ‘n bate.
En ek soek jou!

Friday, January 23, 2009

Gister en Vandag

Gister het ek 'n septiese dag gehad, eintlik het ek 'n erge dae al vir weke.
Maar vandag het iets verander
Ek het besef hardloop kom tot niks, jy betaal net later vir die foute.
Ek het besluit ek raak te oud vir hardloop.
Vandag sit ek in my gemors omdat ek gister weg gehardloop het.

Dis hoe ek leer! op die harde manier.

Vandag het God my duidelik maak verstaan ek gaan begin groei, begin vorm en begin mature, soos 'n goeie wyn. En weet jy? al my trane van die laaste paar weke was die moeitewerd. Ek het foute gemaak en di tnie geface. Maar nou face ek dit. deur en deur.

Enigste vraag is? Hoe vind ek myself in hierdie onsekere wereld?

Hoe staan 'n mens prakties stil as jy al 20/21 jaar lank hardloop? Enige idees?

Ek wil letterlik net hier sit op my ashoop en als aanskou, sodat ek weet als in die verlede is afgehandel en dit gaan my nie inhaal nie. Klink dit eenvoudig?

Vriende, vriendinne en mense wie ek nie ken nie! Hier kom 'n ding...

Maar ek sien uit na die uitdaging!

liefde die pillaar

Monday, December 29, 2008

jy

meisie van my drome
sonskyn
jy
jy was altyd genoeg
dit was ek wat nie kon bly
jy was geduldig
ek was haastig
jy was WARM
ek YS koud
jy my hart in Desember gesteel
my voete onder my uit geslaan
ek
ek het begin hardloop toe ek skoene kon bekostig
hoekom gehardloop?
ek het so lekker gebly
maar tog
was ek bang
ek wou weg
wou uit my boks
wou in die bos gaan sit

my hart het ek gebreuk
jou verneuk meer as een keer
jou belieg
jou beroof
tog elke aand terug gegaan na jou
elke dag weer lief geraak vir jou
net om weer die volgende oggend my goedkoop te maak
sodat jy my sou uitvang
my sou los
beter sou gaan kry

nou is dit te laat
ek is spuit
wens
my hande het ek vas geboei
my mond in traksie laat sit
my hormone by jou gelos
my liefde was darem altyd joune
net joune

ek is jammer

Thursday, November 20, 2008

skiet gebed

Onthou my tog...

Nehemia het mure gebou onder weerstand met kort skiet gebede om 'n nasie te beskerm.

Ek moet mure bou met gebede en ophou om sand, klei, sement te gebruik.

'n rowwe week wat oorbly, wat ek hopelik gaan maak, maar na die rowwe paar dae is daar nog 'n rowwe paar weke in hierdie rowwe maande wat voorle. al hoe ek dit gaan maak is met baie skiet gebede en geduld.

Help my bid

Thursday, November 13, 2008

gatvol

today! my day started bad.

When i was in school I use to have an issue with waking up.
This morning I was woken up by a friend. That was fine.
But then I realised, I had to go in to PE and work on a camp which I think is going rather well. BUt my boss (she thinks she is my boss) don't agree at all.

first the trafic is mad, then my day gets cancelled and shifted around to suite everybody else except me. My appointment get cancelled, my work get's cancelled.

It just turned into a super shit day.

I had to phone about 40 schools, the first ten treated me like an ape, then I got a phone put down in my ear, for nothing. Then I decided FuCk the schools, fuck the boss.

What a huge image different for me. I have never been so gatvol and felt so stupid like now.

if my day doesn't change I will say something to regret