Wednesday, July 8, 2009

HOE GAAN DIT?

HIER SIT EK IN MY KLEIN GAT
KYK OM MY HEEN EN SIEN DIT LYK OF DIE MENSE ALMAL RIGTING KRY
EK GLIMLAG BREED
SO BLY DAT ALMAL REGKOM
HIER DAAR KRY EK OPROEPE VAN OU VERLORE VRIENDE
EN DIT KLINK WERKLIK GOED
DAN KOM DIE VRAAG AAN MY: "HOE GAAN DIT?"
... STILTE

WANT EK SIT HIER IN MY OU KLEIN GAT EN SLUK ALS OM MY IN
DINK HARD OOR DAAI DRIE WOORDE
MISKIEN TE INTIEM OOR DIT
EK IS 'N LETTI
MAAR
EK PROBEER HARD DIT NOG GEHEIM HOU
DINK AL WIE EK NOU NOG OORREED IS EK

DAN ANTWOORD EK MET 'N KUL STEM : "KAN NIE BETER!"

REALITEIT TREF EERS WANNEER DIE DIALOOG AANHOU EN DIE PERSOON VRA: "NOU TOE, VERTEL"

EN DAN IS DAAR NIKS REGTIG OM TE VERTEL NIE, MAAR IETS MOET GESE WORD.
DAN BEGIN DIE STRUIKEL TUSSEN GELUK EN MISLUKING MY TREF.

VRAAG IS KEN JY DAAI KYK WAT JOU MA JOU GEGEE HET TOE JY BAIE KLEIN WAS EN JY HET IETS AFSKUWELIKS GEDOEN, DAN GEE SY JOU DAAI KYK VAN "AI MY KIND, HOE KON JY?" DAAI TERLEURSTELLING WAT DEUR JOU KLOP VIR WEKE DAARNA OMDAT JY DALK JOU IETS SIMPEL GEDOEN HET, SO IMPULSIEF, SOOS OM BOETIE LANGSAAN TE OORREED OM JOU SY WURMPIE TE WYS EN JY DAN JOUNE OOK WYS. SO IETS KLEIN, ONSKULDIG.

DIS MY BEURT OM MY MA TE VERTEL EK IS, 'N LETTI
OM MY BROER TE VERTEL EK IS, 'N LETTI
OM AL MY VRIENDE OOK TE VERTEL EK IS, 'N LETTI

BID VIR MY, BID VIR ONS, BID VIR HULLE.
EK HET MYSELF AANVAAR VIR WIE EN WAT EK IS, TWYFEL OF HULLE SAL.